OPSKOPFEES

'n Stadsfees met Groot Gees!!!

Welkom by ons webtuiste, waar jy alle inligting rakende die Opskop Klersdorp Mamba-Toer kan vind.  Vir enige navrae kontak ons:

OPSKOPFEES - OOR ONS

Na soveel feeste, groot en klein in die laaste paar jaar gesneuwel het, het Opskop Promosies besluit dat elke dorp (en stad) hulle eie fees verdien. 

Pieter het ‘n agtergrond in die vermaaklikheidsbedryf en Audrey het al menigte funksies en feeste georganiseer.  Met hulle gesamentlike talent en kontakte, was dit nie verbasend dat die eerste Opskopfees in Piet Retief so reuse sukses was nie.  Hulle het daarom besluit om die fees uit te brei en Opskop Klerksdorp is gebore.

Opskop Klerksdorp beoog om elke jaar net beter en groter te word.

Ons Kunstenaars

By Opskop Promosies glo ons dat ‘n fees iets vir almal moet bied en daarom poog ons om ook hierdie standpunt te volg met die keuse van ons kunstenaars.  Iemand oud, iemand nuut en iemand wat ons almal geniet. Ons kunstenaarslys is geheel en al divers. Feesgangers kan die kunstenaars van ‘n paar dekades gelede her-ontdek en terselfde tyd nuwe kunstenaars leer ken, maar ons sal nooit die gewilde gunstelinge kan weglaat nie.

Steve Hofmeyr

Om hierdie merkwaardige man se prestasies tydens sy loopbaan te probeer verwoord is ‘n byna onmoontlike taak.  As akteur, suksesvolle skrywer, televisiepersoonlikheid en dikwels omstrede sosialemedia-kommentator, het hy nog altyd intens daarop gefokus om stories te vertel deur musiek, wat aanklank vind by kultuurbewustes asook by diegene wat bloot die ritme van drie en ’n half minute se pret wil voel. “Ons fragmenteer die oomblik,” sê hy. “My liedjies wys iets van die dinamiek van Afrikaans, en die lekkerste deel van kultuur is dat dit nie gereguleer kan word nie.”  Steve het sedert 1987 al heelwat gereis, opnames in Los Angeles gemaak en vir ’n rukkie in België gewoon om opnames en optredes saam met Dana Winner te doen. So tussen die skryfwerk en opnames (met onder andere Patrizio Buanne), plaaslike en wêreldtoere deur het ek hom gevra hoeveel albums en dinge hy al geproduseer het.  Sy antwoord, “32 albums, 11 boeke, verskeie films en televisiereekse en 6 kinders”.  “Ek het drama studeer en alles wat daaruit gespruit het, het my lewe geword,” vertel hy. “Teater, televisie, skryf, rolprente en musiek – dit is nou alles deel van my. Die boek-ding was waarskynlik onvermydelik. Hoewel dit nie my hooffokus is nie, kon ek dit gelukkig stadig benader. Ek vind ek moet skryf, en soos elke ander aspek van my loopbaan, vind die een baat by die ander.”

Steve Hofmeyr is meer as net ‘n kunstenaar en skrywer  – hy is ‘n musikale monument vir Afrikaans en vir sy mense.   Steve woon tans in Pretoria saam met sy vrou Janine en hulle dogtertjie, Romy-Lee.

Ralph Michielsen

Ralph is gebore en getoë in Pretoria. Nadat hy aan Hoërskool Menlo Park gematrikuleer het, het hy gaan diensplig doen as n seiner op Heidelberg.  Terug in Pta het hy boubestuur gaan swot by Pretoria Technikom, maar sy groot passie, musiek, kom al van 8 jaar oud af.  Hy het eers begin op dromme, oorgeskakel na Baskitaar en speel nou kitaar asof hy al duisende lesse gehad het.  Op 18 jarige ouderdom begin hy die band Dusk, waar Steve Hofmeyr ‘n oudisie gedoen het as hoofsanger.  Ralph het ook later vir ‘n kort ruk in die buiteland gewerk, maar bedryf tans sy eie besigheid.  Sy twee dogters wat ook by hom woon, is sy ander groot passie.  Twee CD het al onder Ralph se naam die lig gesien.  Eers was dit Malpitmuti in 2009 en daarna het Die Een gevolg.

Ons Borge

Geen fees kan plaasvind sonder borge of die ondersteuning van die gemeenskap nie.  Opskopfees is trots om deel te wees van die span ongelooflike manne en vroue van hierdie Klerksdorp besighede. Ondersteun hulle gerus en sê so dankie vir hulle mooi hart vir die dorp en sy mense.

Twins Gastehuis

Bosveld Slaghuis

CSS

KOOP JOU KAARTJIE SOMMER NOU!

R 0

PER PERSOON

R 0

KINDERS 2 - 12 JAAR / SASSA PENSIONARISSE

Bosveld Slaghuis
VIP KAARTJIES
R 0

VIP TAFELS

F.A.Q.

Opskop Klersdorp Mamba-Toer
Ons beantwoord al julle vrae

4 Oktober 2024 by Mayfair Village, Klerksdorp. Deure open om 18:00

Daar sal wel kos te koop wees asook n kroeg, maar hierdie jaar sal daar geen stalletjies wees nie.

Kaartjies is R200 per persoon. Kinders 2-12 en SASSA Pensionarisse is slegs R100. Kaartjies is reeds beskikbaar by Bosveld Slaghuis in Klerksdorp (slegs kontant) of by Audrey in Orkney, 7 Fleckerweg.

Kaartjies is R3000 per tafel.  Tafels kan bespreek word by Audrey 076 862 3291. Daar is slegs 15 tafels beskikbaar en daar is spasie vir 10 persone per tafel.  VIP gaste kry ‘n geskenkie. VIP gaste mag hulle eie platter inbring.

Bring jou gesin, jou beursie (of bankkaart), en jou lus om te kuier. Geen koelbokse sal toegelaat word nie.

Daar is baie parkeerspasie binne die terrein. CSS is ook op die perseel.

Hoewel daar moontlik enkele kaartjies by die deur sal wees, kan ons nie waarborg dat die sitplekke vooraf uitverkoop gaan wees nie.

Volg die Opskopfees facebook blad, ons Instagram blad of skakel vir Pieter by 072 248 1515 of Audrey by 076 862 321.

Sien julle daar!!!!

Scroll to Top